His People Banner
Home About Us Ministries Cell Groups Get Involved Links
 
9 ‘o’clock service
11 ‘o’clock service
Campus
Klerksdorp
His kids
Relic
Praise and worship
Bible school
Creative arts
Hope again
Champions
TICS
 
Events
Service Times and directions
Sermon downloads
Contact Us
 

 

Bybelskoolgetuienisse

André de Villiers vertel...
Die volgende het alles by of as gevolg van Bybelskool met my gebeur...

  • Ek het baie nader aan die Here begin leef en voel nie meer dis iets vir net “uitverkorens” nie, maar vir almal wat Jesus wil aanvaar – ook vir my.
  • Ek is toegerus om makliker met mense oor God te kan praat en dit is wonderlik;  ek vertaan die Woord beter.
  • Ek kan ook nou in ‘n bidtaal bid.
  • My rug wat jare lank seer was, is genees.

***
Charmaine Marx vertel...
Bybelskool het my toegerus vir die res van my lewe!  Bybelskool het my geleer ..

  • dat niks wat ek ooit gedoen het of kan doen, sal maak dat God minder lief is vir my nie. 
  • om  vir ander om te gee, veral verlorenes
  • om ‘n leier te wees vir God
  • oor Worship & gebed

***
Ruan Pansegrouw vertel...
Bybelskool het  regtig my laat besef dat God nie net deur ‘n paar mense wonderwerke doen nie maar deur almal wat hulself beskikbaar stel daarvoor.
Dit het my ook laat besef hoe maklik dit is om skrif te leer.
Dit het ook my uitkyk op die lewe verander – van ‘n godsdienstige uitkyk tot ‘n Koninkryksuitkyk.

***

Deon vertel...
Ek het baie van die liefde van God geleer en hoe lief Hy my werklik het.  Ek het geleer dat ek vir God enige iets kan vra en Hy sal dit vir my gee en ook dat ek op God kan vertrou in moeilike tye.

***

Charmaine Rousseau vertel...
Dit maak nie saak hoe lank ons al gered is nie, ons moet herinner word waar alles begin het.  Bybelskool verdiep nie net ons verhouding met God nie, maar gee ons die praktiese kennis en toerusting vir die uitbreiding van God se koninkryk. 

Building Project
Klerksdorp
Bible School
Campus
Relic
Hope Again
His People Logo
© 2009 His People Potchefstroom Design and Hosting by Polar Design Solutions